Tuesday, August 4, 2009

PetroSA het nou ook hande gevat met die Mej Garden Route & Klein


PetroSA het nou ook hande gevat met die Mej Garden Route & KleinKaroo-projek. Hier oorhandig Russel Mamabolo (PetroSAKommunikasiebestuurder en Bert Espach (waarnemende OperasioneleBestuurder van die Raffinadery) 'n tjek van R10 000 aan Tryana Potgietervan die Garden Route Casino en koordineerder van die projek.

NUWE ROLSPELERS VAT HANDE - Die soektog na Mej Garden Route & Klein Karoo is reeds stewig op dreefen hoe meer rolspelers aan boord kan kom, hoe meer fondse raakbeskikbaar vir die bekamping van mishandeling teen vroue en kinders indie Suid-Kaap gemeenskappe. Een van die bene van die projek is dieskenking van fondse aan skuilings in die Suid-Kaap. PetroSA is een van die nuwe organisasies wat nou hul hand na die projekuitgereik het. Hulle het verlede week 'n skenking van R10 000 kontantgemaak, maar het hulself ook op verskeie ander maniere verbind. PetroSAsal 'n kragopwekker beskikbaar stel wat op Saterdag 26 September, tydensdie gala-aand by die Pinnacle Point Gholfklub, gebruik kan word indiendaar enige kragonderbrekings is."Mike's Muvee Magic" doen die verfilmingwerk wat hy vooraf, sowel astydens die gala-aand sal doen. Die 12 finaliste sal die week voor diekroning op verskeie uitstappies in die Suid-Kaap geneem word as deel vanhul voorbereiding om toerisme-ambassadeurs vir die streek te wees. Diewenner sal ook as die "Gesig van Toerisme in die Suid-Kaap" bekendstaan. Na afloop van die kompetisie sal elke finalis ook 'n DVD ontvangom hulle te herinner aan al die pret en plesier (en swoeg en sweet) wathulle ervaar het.Tydens die ekskursies sal die finaliste deur Stanmar Motors se MercedesBenz asook deur Rory Goldhill van Cape Classis Executive Tours opGeorge, vervoer word.


Navrae oor die projek en die kompetisie kana an Tryana Potgieter bytryana@gardenroutecasino.co.za gerig word of sy kan by 044 606 7777geskakel word.

No comments:

Post a Comment